Jy word uitgenooi na die troue van:
Friday, Oktober 10, 2025
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Wanneer
Oktober, 10 2025
Stiptelik om 15:45
Waar
Da Venue,
152 Johann avenue Raslouw, Centurion, South Africa
Hoe ons ontmoet het.
Ons storie begin op ’n sonnige 9 Februarie 2024, tydens ’n heerlike kampnaweek vir ’n gesamentlike vriend se verjaarsdag – sonder dat ons toe al geweet het hoe baie hierdie dag ons lewens sou verander.
Alhoewel ons mekaar daardie dag “amptelik” ontmoet het, het Sascha vir Pj al twee jaar tevore raakgesien, by daardie selfde vriend se seun se doop. Sy kon nie help om te wonder oor die man wat so lyk of hy neer kyk op ander nie. Toe hy, daardie aand van die kamp, onverwags daar instap, was haar eerste gedagte: “Natuurlik… hy sal mos ook hier wees.”
Tog het die Here sy eie plan gehad. Die aand was gevul met lag, geselskap en die soort gemak waarmee vriendskappe gebou word. Nie een van ons het op daardie stadium ooit oorweeg dat daar iets meer kon wees nie.
Maar soos net God dit kan orkestreer, het Pj 2 dae later vir Sascha ’n vriendversoek op Facebook gestuur – natuurlik diskreet, sonder dat iemand anders dit agterkom. Na ’n paar ligte boodskappies het hy haar nommer gevra om verder op WhatsApp te gesels… en van daar af was dit klaar besluit.
Die res, soos hulle sê, is geskiedenis – ’n geskiedenis wat deur Jesus self met liefde, humor en genade geskryf is.
Hoe hy haar gevra het.
Ons het gou geweet – ons is vir mekaar bedoel. Die gedagte om ons lewens vir altyd saam te deel, het soos ’n warm belofte in ons harte gebly. Maar Pj wou dit op die regte manier doen… met ’n ring wat perfek by Sascha sou pas.
Hy gaan kyk en soek, maar niks voel reg nie. Tot uiteindelik, daar is dit – die een. Net betyds, want voor hom lê ’n jagnaweek saam met Liam ons seun, en kort daarna Suzelle, ons oudste se verjaarsdagpartytjie.
Na die jagweek besluit Pj, hy kan eenvoudig nie langer wag nie. Die aand voor die partytjie vra hy vir Pa Sarel die belangrikste vraag van almal – of hy sy dogter se hand mag vra. En omdat Sascha se liefde vir perde so groot is, besluit hy om dit sommer op die partytjie te doen.
Die dag is gevul met lag, geselskap en kinders wat die perde geniet. Tussen die vreugde deur stel Sascha se pa voor dat ons ’n paar foto’s neem om die herinneringe te bewaar – want, soos Sascha altyd sê, foto’s is ons enigste tydmasjiene.
Na ’n paar groepfoto’s word dit net Pj en Sascha voor die lens. Hy vat haar hand, draai haar effens… en sy besef net daar: hier is dit nou. En wragtig – hy gaan op sy knie en vra die groot vraag.
Sascha is so oorweldig dat sy hom net kan soen – sonder om eers ’n woord te kan uitkry. En so was dit… ’n belofte vir ewig.
En vandag is julle genooi… want die liefde is mos so mooi!
Wie is by ons troue
Jean-Kock
Hoof Strooi Jonker
Jonny
Strooi Jonker
JP
Strooi Jonker
Quintus
MC
Vonnie
Hoof Strooi Meisie
Lisa
Strooi Meisie
Melanie
Strooi Meisie
Juanita
Strooi Meisie
Geskenkie?
Spaar gerus die moeite om na ’n geskenkie te soek.
Vir ons is die grootste geskenk dat julle hierdie spesiale dag saam met ons deel en ons omring met julle liefde.
As julle ons graag wil bederf, sal ’n bydrae tot ons wittebrood ’n kosbare geskenk wees wat ons vir altyd sal onthou. Op die dag self sal daar ook ’n houtboksie wees vir enigiemand wat ’n koevertjie met kontant verkies.
Dankie uit ons harte vir julle liefde, ondersteuning en teenwoordigheid – dit beteken vir ons die wêreld.
Account Holder: Sascha Van Der Westhuizen
Bank Name: TymeBank
Branch Code: 678910
Account Number: 51000064281
Current Account